Wednesday 20 April 2016

Maria van Wyk se kekerertjiesop



Maria van Wyk se kekerertjiesop

Bestanddele

1 ui, gekap
2 knoffeltoontjies, gekap
1 brandrissie, gekap
olie
2 blikkies kekerertjies, met water
1½ liter hoenderekstrak
500 g Weense worsies of chorizo, in ringe gesny
Metode
Braai die ui en soetrissie in 'n bietjie olie.
Voeg die knoffel by en braai vir 1 minuut.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die worsies, by.
Prut vir 'n halfuur.
Maak alles fyn met 'n aartappelfynmaker, of in 'n voedselverwerker.
Voeg die worsies by.
Bedien met roosterkoek.