Wednesday, 20 April 2016

Flori se randrekker (Sardyne en rys)




Flori se randrekker (Sardyne en rys)

Bestanddele

2 uie, gekap
olie
3 teelepels Raja-kerrie
3 koppies rou rys
stokkaneel
1 teelepel borrie
1 rooi soetrissie, gekap
4 knoffeltoontjies, gekap
3 kardemompitte
300 g garnale (opsioneel)
2 blikkies sardyne in tamatiesous
1 blikkie pitmielies, gedreineer
vars koljander
Metode
Kook rys tot gaar saam met stokkaneel en borrie.
Hou eenkant.
Braai die ui in olie saam met die kerrie.
Voeg die soetrissie, knoffel, kardemom en garnale by.
Braai saam.
Voeg die tamatiesous van die sardyne by.
Prut vir 5 minute.
Voeg die pitmielies en rys by.
Roer goed.
Maak die vis fyn en voeg by.
Bedien met koljander bo-op.

No comments:

Post a Comment