Thursday 14 April 2016

TUNA KOEKIES


TUNA KOEKIES

2 x blikkies tuna (180g elk)...
60 g gouda
115 g spinasie
50 g uie
15 ml olyf olie
2,5 ml knoffelsout
5 ml gemengde kruie
1 eier
30 ml olyf olie

Dreineer die tuna deeglik en plaas in 'n mengbak. Rasper die kaas en gooi dit by die tuna. Kap die spinasie en uie baie fyn. Gooi die olyf olie in 'n pan en soteer die uie en spinasie in die olie tot sag. Voeg die sout en kruie by. Voeg die uie en spinasie by die tuna en voeg nou die eier by. Meng deeglik. Verhit die 30 ml olyf olie in 'n braaipan en verdeel die tunamengsel in 12 dele. Skep die mengsel in die olie en braai vir 10 minute tot goudbruin, draai om en braai vir nog 10 minute tot goudbruin aan die ander kant.
12 Porsies * Per Porsie * 475kJ * Total Fat 4g * Protein 10g *
Total Carbs 0.9g * Net Carbs 0.9g

LOW CARB KOMBUIS