Monday 18 April 2016

TIRAMISU - KOEK




Petro van Genderen - TIRAMISU - KOEK

500 ml koekmeel

300 ml witsuiker
10 ml bakpoeier
5 ekstragroot eiers , geskei

125 ml melk
100 ml water
100 ml sonneblomolie
5 ml vanielje
knipie kremetart

VULSEL

250 ml vars room
60 ml versiersuiker
250 g mascarponekaas
50 ml koffielikeur
100 ml sterk swart koffie
100 g sjokolade , gerasper

Vir die koek , sif die meel , suiker en bakpoeier in n groot mengbak . Meng die eiergele , melk , water , olie en vanielje deeglik in n ander bak . Voeg die meelmengsel by die geroomde mengsel en klita tot goed gemeng . Klits die eierwitte en kremetart tot styf maar nie droog nie .Vou by die beslag in .Giet die beslag in n diep ronde 23 cm koekpan wat uitgevoer en met kleefvrysproei bespuit is . Bak vir 40-50 minute in n voorverhitte oond teen 180 C . Laat die koek heeltemal afkoel .
Vir die vulsel , klits die room en versiersuiker saam tot dit sagte punte maak .Voeg die mascarponekaas by en klits tot dit dik is . Meng 10 ml van die koffielikeur daarby.Sny die koek horisontaal middeldeur . Plaas die onderkant van die koek op n opdienbord .Meng die oorblywende likeur met die koffie en bestryk die koeklaag ruimskoots daarmee .Skep die helfte van die vulsel op die onderlaag en strooi die helfte van die gerasperde sjokolade daaroor . Plaas die ander koeklaag bo-op en bestryk met die res van die koffiemengsel .Smeer die res van die vulsel oor en rond af met n laag gerasperde sjokolade .