Monday 18 April 2016

Tara se karringmelk-sjokoladekoek




Tara se karringmelk-sjokoladekoek

Porsies
1 koek
Bestanddele
Koek
Aarbei-compote
Aarbei-kaaskoekvulsel
Sjokolade-ganache
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: koek
Instruksies
Koek
  1. Voorverhit die oond teen 180°C. Smeer drie 23 cm-koekpanne en voer uit met bakpapier.
  2. Sif die meel, suiker, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout in die mengbak van ’n elektriese menger.
  3. Meng die eiers, geursel, karringmelk en olie saam in ’n maatbeker.
  4. Voeg die karringmelk-mengsel geleidelik teen ’n lae spoed by die meelmengsel.
  5. Voeg die koffie by die mengsel en meng deeglik.
  6. Gooi die mengsel in die panne en bak vir 40 tot 50 minute of tot gaar.
  7. Laat die koek heeltemal afkoel. Vul die koek met die aarbei-kaaskoekvulsel en bedek met die sjokolade-ganache.
Aarbei-compote
  1. Verhit die aarbeie en suiker in ’n kastrol oor mediumhitte. Verhoog die hitte en kook tot die stroop verdik.
Aarbei-kaaskoekvulsel
  1. Meng die roomkaas en suiker tot glad. Voeg die room by en meng tot glad.
  2. Vou die aarbei-compote in.
Sjokolade-ganache
  1. Breek die sjokolade in blokkies in ’n mengbak. Verhit die room oor lae hitte tot net voor kookpunt. Gooi die room oor die sjokolade en meng tot die sjokolade gesmelt is.