Monday 18 April 2016

Corli se suurlemoen-joghurtkoek




Corli se suurlemoen-joghurtkoek

Bestanddele
Koek
Lemoenstroop
Roomkaas-versiersel
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: koek
Instruksies
Koek
  1. Voorverhit die oond teen 150°C. Smeer ’n ringkoekpan goed en bedek liggies met meel. Skud die oortollige meel uit.
  2. Verroom die botter, voeg die suiker geleidelik by en klop. Klits 5 eiergele in ’n aparte bak en voeg by die bottermengsel. Voeg die jogurt en skil by en meng mooi deur.
  3. Sif die meel, sout en bakpoeier twee keer. Voeg die meelmengsel geleidelik by die bottermengsel en meng goed deur. Moenie te veel klop nie.
  4. Klits die eierwitte styf. Meng ’n kwart van die eierwit by die beslag om dit losser te maak. Vou met ’n metaallepel die eierwitte met ’n ligte hand deur die koekmengsel.
  5. Gooi die beslag in die pan. Bak vir 60 minute teen 150°C.
Lemoenstroop
  1. Maak die lemoenstroop terwyl die koek bak (kook al die bestanddele tot ’n dun stroop). Gooi die helfte van die kokende stroop eweredig oor die koek sodra dit uit die oond kom. (Wenk: Sny eers die bruin bokors af as jy wil hê die stroop moet dieper intrek.) Prik af en toe met ’n tandestokkie sodat die stroop kan insak.
  2. Laat die koek heeltemal koud word en keer dan op ’n bord uit. Maak die orige stroop warm. Skep dit lepelgewys oor die koek, sodat die kante ook stroop kan “opsuig”. Skep roomkaas-versiersel oor sodat dit teen die kante afdrup.
Roomkaas-versiersel
  1. Voeg botter en kookwater by gesifte versiersuiker en verroom. Voeg roomkaas, suurlemoenskil- en sap by en verroom verder.
  2. In ’n aparte bak, klits die koue room tot styf. Vou dit liggies by die versiersel in. Skep dit dadelik oor die kante van die koek sodat dit afloop teen die kante.
  3. Opsioneel: versier met geel rose.
Notas
Die koek bly lank heerlik as dit in ’n lugdigte houer gebêre word.