Friday 15 April 2016

Bordjie soet vir Rolene Strauss




Bordjie soet vir Rolene Strauss

klein tertjies

  Bestanddele
Kors
Vulsel
Italiaanse meringue
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: 
Instruksies
Kors
  1. Plaas droë bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker met ’n metaallem. Pols ’n paar keer. Sny die koue botter in klein stukkies en plaas in die bak. Pols aan en af tot die mengsel soos krummels lyk. Terwyl die masjien loop, voeg suurlemoenskil, amandelekstrak en ’n eetlepel yswater op ’n slag by – skakel masjien af sodra die deeg bymekaar kom. Haal uit die bak en vorm in ’n bal.
  2. Plaas die deeg op kleefplastiek, druk dit plat dat dit vinnig kan afkoel. Vou toe en laat rus vir 15-20 minute in die yskas.
  3. Voorverhit oond teen 190°C.
  4. Bestrooi oppervlakte met meel en rol die deeg dun uit.
  5. Sny sirkels uit die deeg met ’n koekiedrukker na gelang van die grootte van die holtes van die pan (5 cm- of 7 cm-tertpannetjies). Plaas in pannetjies.
Vulsel
  1. Klits suurlemoensap en suiker saam, voeg crème fraîche by en meng goed. Klits eiers een vir een by. Giet die mengsel in die gebakte tertdoppies.
  2. Plaas versigtig in die oond dat die mengsel nie uitmors nie. Bak 15 minute in voorverhitte oond teen 190°C of tot vulsel gestol het en die kors strooikleurig is.
  3. Haal uit die oond, maak die tertjies versigtig los om die kante, en plaas op draadrak om in die pannetjie af te koel.
Italiaanse meringue
  1. Plaas suiker en 150 ml water in klein kastrolletjie oor matige hitte, roer tot die suiker opgelos het. Laat die mengsel saggies prut tot dit 115°C bereik het op ’n suikertermometer (sowat 10 minute).
  2. In die bak van ’n staanmenger, klits die eierwit teen matige spoed tot sagte punte vorm. Bring die suikerstroop tot 121°C (hardebal-stadium) en verwyder dadelik van die plaat.
  3. Met die menger wat steeds loop, giet die suikerstroop in ’n dun, egalige straal by, en klits vinnig vir 10 minute tot die meringue dik en helder is. Laat afkoel.
  4. Stapel meringue bo op die vulsel, of gebruik ’n spuitsak. Versier die tertjies pragtig.