Wednesday 13 April 2016

Suurlemoenmeringue-kaaskoek




Suurlemoenmeringue-kaaskoek
Kors
■ 3/4 pakkie (175 g) Tennisbeskuitjies
■ 2 t (10 ml) dukkah
■ 2 e (30 ml) botter, gesmelt
Vulsel
■ 3 bakkies (230 g elk) geroomde maaskaas
■ 1 k (250 ml) vars uitgedrukte suurlemoensap
■ 1 t (5 ml) fyngerasperde suurlemoenskil
■ 1 k (250 ml) vars room
■ 1 blik (385 g) kondensmelk
■ 4 eiers, geskei
■ ’n Knippie kremetart
■ 1 k (250 ml) strooisuiker
Smeer ’n losboomkoekpan van ongeveer 23 cm in deursnee. Rol die Tennisbeskuitjies met ’n rolstok fyn. Voeg die dukkah en gesmelte botter by, meng goed en druk dit op die bodem en aan die kante van die pan vas.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Om die vulsel te berei, meng die roomkaas, suurlemoensap en -skil, room, kondensmelk en eiergele saam tot glad en giet die mengsel in die kors.
Klits die eierwitte styf, voeg die kremetart by en voeg dan strooisuiker stadig by terwyl dit voortdurend geklits word. Skep die meringue bo-op die kaaskoekvulsel. Bak vir 20 minute en laat dit sowat 2 uur of langer in die oond afkoel. Lewer ’n 23 cm-kaaskoek.