Wednesday 13 April 2016

Herderspastei met botterskorsie.



Herderspastei met botterskorsie.

■ 2 uie, fyn gekap
■ 2 knoffelhuisies, fyn gekap
■ 10 ml gerasperde, vars gemmer
■ 30 ml olie
■ 500 g beesmaalvleis

■ 5 ml geroosterde komyn
■ 5 ml gemaalde koljander
■ 3 ml kaneel
■ 2 ml neutmuskaat
■ 1 blik (410 g) gekapte tamaties
■ 30 ml tamatiepasta
■ 30 ml worcestersous
■ 200 ml vleisaftreksel
■ Sout, vars gemaalde swartpeper en ’n knippie suiker na smaak
Bolaag
■ 1 groot botterskorsie, geskil, pitte verwyder en in blokkies gesny
■ Botter en melk
■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
■ Fyn kaneel, om oor te sprinkel
Braai die uie, knoffel en gemmer stadig oor lae hitte in die olie tot sag. Voeg die maalvleis by en braai bruin. Voeg die speserye by en braai vir 2-3 minute. Voeg die gekapte tamaties, tamatiepasta, worcestersous en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 10 minute tot die sous dik en ryk is. Geur met sout, peper en ’n bietjie suiker.
Skep die vleis in individuele bakkies of een groter pasteibak en smeer gelyk. Voorverhit die oond tot 180°C. Kook die botterskorsieblokkies in ’n klein bietjie vinnig kokende water sag. Dreineer en druk dit met botter en melk fyn tot ’n gladde, dik puree.
Geur die botterskorsiepuree met sout en peper en skep bo-op die vleis. Sprinkel ’n bietjie fyn kaneel oor en bak vir 20-30 minute tot die ryk vleissous teen die kante van die bak opborrel. Sit voor met slaai of groente van jou keuse. Lewer 4-6 porsies.