Wednesday 27 April 2016

Spogbeskuit



Spogbeskuit
500 g botter of margarien
375 ml suiker
500 ml karringmelk
15 ml vanieljegeursel
6 x 250 ml (6 k) koekmeel
50 ml bakpoeier
3 ml sout
750 ml ontbytgraanvlokkies, fyn gedruk
250 ml lig geroosterde klapper
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer drie middelslag-broodpanne goed. Smelt die botter en roer die suiker, karringmelk en vanieljegeursel by. In ’n ander bak, meng die meel, bakpoeier, sout, graanvlokkies en klapper goed. Voeg die karringmelkmengsel by en maak aan tot ’n stywe deeg. Vorm die deeg in bolletjies en pak dit langs mekaar in die broodpanne. Bak vir 50-60 minute tot deurgaar en goudbruin. Keer die beskuit uit die panne en laat afkoel. Breek die bolletjies los en sny in kleiner stukkies (indien verkies). Droog die beskuit teen 70 °C-100 °C of in die lou-oond uit tot goed droog. Laat dit kamertemperatuur bereik en bêre in lugdigte houers. Lewer ses dosyn beskuit.