Wednesday 27 April 2016

Ontbytbroodjie




Ontbytbroodjie
Roereier
8 eiers, liggies geklits
60 ml volroommelk of room
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
15 ml botter
4 saadrolletjies
60 ml ongegeurde roomkaas
60 ml basiliepesto
2 rooiryp tamaties, in dun skyfies gesny
8 stukke bros, geroosterde spekvleis
Roketblare
Klits die eiers, melk of room, sout en peper liggies saam. Verhit die botter in ’n groot pan oor matige hitte en gooi die eiermengsel daarin. Roer stadig, terwyl verhit word, tot die eier net-net gaar en steeds romerig is. Verwyder van die hitte. Sny die rolletjies oop. Meng die roomkaas en basiliepesto en smeer die brood daarmee. Pak ’n paar skyfies tamatie op die onderste helfte van die brood, gevolg deur twee stukke bros spek, ’n groot skep roereier en ’n paar roketblare. Sit die ander helfte van die rolletjie bo-op. Sit dadelik voor. Lewer vier porsies.