Thursday 7 April 2016

Spekkonfyt




Spekkonfyt
(Maak 500 ml)

3 pakkies (750 g) gerookte spek, gesnipper
2 rooi uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 t (5 ml) mosterdsaad
½ rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
¼ k (± 65 ml) gouestroop
½ k (125 ml) sterk koffie of brandewyn
¼ k (± 65 ml) balsamiese asyn
⅓ k (± 80 ml) sagte bruinsuiker

Plaas die spek in ‘n groot kastrol en verhit stadig oor ‘n matige hitte om al die vet uit te kook. Verhoog die hitte en braai tot bros. Dreineer die spek op kombuispapier.
Verhit 1 tot 2 eetlepels van die uitgebraaide spekvet oor matige hitte. Voeg die uie by en braai tot sag en goudbruin.
Voeg die knoffel, mosterdsaad en brandrissie by en braai vir nog ‘n minuut.
Verhoog die hitte, voeg die gouestroop en koffie of brandewyn by en kook vir 2 – 3 minute, terwyl geroer word. Skraap enige aanpaksel wat op die bodem van die kastrol is, los.
Voeg die asyn en suiker by en kook vir ‘n verdere 3 minute.
Voeg die spek by, verlaag die hitte en prut vir 10 tot 15 minute of tot die mengsel begin verdik en amper soos konfyt lyk.
Verwyder van die hitte, laat effens afkoel en skep alle oortollige vet af.
Plaas in ‘n voedselverwerker en verwerk tot grof. Giet in gesteriliseerde bottels en bêre in die yskas. Bedien warm of koud.