Wednesday 6 April 2016

Mieliepannekoeke




Mieliepannekoeke
(Maak 10)

2 k (500 ml) meel
1 t (5 ml) paprika
2 t (10 ml) sout
½ k (125 ml) water
1 ½ k (375 ml) melk
1 blik (410 g) roomsuikermielies (creamed corn)
2 eiers
Olie vir braai

Sif die meel, paprika en sout saam. Klits die water, melk, roomsuikermielies en eiers saam en voeg by die meelmengsel. Roer die bestanddele om ‘n loperige beslag, sonder klonte te vorm. Bedek met kleefplastiek en laat vir 30 minute rus.
Verhit olie in ‘n braaipan en skep lepels vol (± 5 e) van die beslag daarin. Braai die pannekoek vir ‘n minuut of twee tot die rande begin omkrul. Draai om en braai vir nog 20 – 30 sekondes.

Vulsel:
Roereier, gekerfde biltong, chorizo-wors, brosgebraaide spek, pikantrissies, beleë Cheddarkaas, gebraaide sampioene, gekapte geroosterde neute, piesangskyfies, gebraaide soetrissie, peri-peri hoenderlewertjies.