Thursday 7 April 2016

Geurige aartappelkoekies




Geurige aartappelkoekies

2 e (30 ml) olie
½ ui, fyngekap
4 repies spek, in klein stukkies gesny
1 t (5 ml) brandrissievlokkies
2 k (500ml) kapokaartappels
2 e (30 ml) vars pietersielie of koljander, grof gekap
2 sprietuie, in ringetjies gesny
1 eier, geklits
Sout en swartpeper na smaak
±160 ml bruismeel, gesif
Olie vir braai

Verhit ‘n braaipan met olie en braai die uie, spek en rissievlokkies tot die uie goudbruin en gaar is. Verwyder uit die braaipan en laat effens afkoel.
Roer die gebraaide uie-mengsel, kapokaartappels, pietersielie of koljander, sprietuie en eier in ‘n mengbak saam. Geur goed met sout en swartpeper.
Voeg die meel by en roer tot gekombineer.
Verhit nog ‘n bietjie olie in dieselfde braaipan. Skep ‘n eetlepel vol van die aartappel-mengsel en rol in ‘n balletjie. Plaas in die olie en druk liggies plat met die agterkant van ‘n lepel.
Braai vir ± 2 minute aan elke kant of tot die aartappelkoekies goudbruin is. Bedien met geposjeerde of gebraaide eiers