Wednesday 6 April 2016

Spek-en-lewer-skilpadjies



Spek-en-lewer-skilpadjies
(Bedien 12)

1,5 – 2 kg netvet
750 g skaaplewer, skoongemaak
1 pakkie spekrepies
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 sny witbrood
½ t (2,5 ml) fyngemaalde naeltjies
½ t (2,5 ml) neutmuskaat
½ t (2,5 ml) vars tiemie, fyngekap
2 e (30 ml) bruinasyn
2 e (30 ml) Worcestershire-sous
sout en swartpeper na smaak

  • Week die netvet in warm water tot sag.
  • Week die lewer in melk vir ± 1 uur.
  • Sny die helfte van die spek in kleiner stukkies en plaas saam met die res van die bestanddele, behalwe die netvet, in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn.
  • Sny die dik rante van die netvet af en sny in ± 12 vierkante van 10 x 10 cm. Skep ’n eetlepel van die mengsel op elke vierkant en vou netjies toe. Draai ’n repie spek om elk en steek met ’n tandestokkie vas.
  • Braai die skilpadjies oor matige kole vir 30 – 45 minute of in ’n pan tot die spek bros is en die vulsel gaar is.
  • Bedien tradisioneel met krummelpap en tamatie smoor.