Wednesday 6 April 2016

Gerolde Spekbroodjies




Gerolde Spekbroodjies
(Maak 8)

8 snye wit of bruinbrood
8 t (40 ml) songedroogde tamatiepesto
300 g mozarellakaas
16 spekrepies

  • Voorverhit die oond to 180°C.
  • Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei.
  • Sny die korsies van elke sny brood af. Rol die snye liggies met ‘n koekroller plat en smeer ‘n teelepel tamatiepesto op elke sny.
  • Sny die mozarellakaas in 8 eweredige stafies. Rol elke stafie in ‘n spekrepie toe.
  • Rol die stafies netjies in ‘n snytjie brood toe en draai ‘n spekrepie om elke rolletjie. Steek vas met ‘n tandestokkie of twee.
  • Rangskik die rolletjies op die bakplaat en plaas in die oond vir ± 15 minute.
  • Verhoog die hitte tot 220°C vir 8 – 10 minute of tot die spek goudbruin en gaar is.

Variasies:
Vervang die songedroogde tamatiepesto met ‘n dun lagie mosterd, fyngekapte jalapeño, suur uitjies of agurkies.