Wednesday 6 April 2016

Ricotta plaatkoekies




Ricotta plaatkoekies
(maak 10 – 12 klein plaatkoekies)
2 eiers, geskei
250 g ricotta-kaas
½ k (125 ml) melk
¾ k (±180ml) bruismeel, gesif
Knippie sout
Olie vir braai
  • Meng die eiergele, ricotta en melk in ‘n mengbak saam.
  • Voeg die meel en sout by en roer liggies tot gekombineer.
  • Klits die eierwitte tot sagte punt stadium en vou by die ricotta-mengsel.
  • Verhit ‘n braaipan met olie tot matige hitte. Skep lepels vol van die mengsel in die pan en braai tot borreltjies op die oppervlak verskyn. Draai om en braai vir nog ‘n minuut tot gaar.
  • Bedien warm met bros spek en heuning of gebraaide piesang en yoghurt.