Friday 29 April 2016

Spek-en-boontjiesop




Spek-en-boontjiesop
Troef die winterkoue in ’n japtrap met dié vinnige aandete.
Genoeg vir: 6 mense...
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 50 minute

• 40 ml olyfolie
• 6 varkrepe (“rashers”), in blokkies gesny
• 1 groot ui, fyngekap
• 3 wortels, gekap
• 3 selderyvingers, fyngekap
• 2 groot murgpampoentjies, gekap
• 1 x 410 g-blik gekapte tamaties, Italiaanse styl
• 1 liter hoenderaftreksel
• 2 x 420 g-blikke cannellini-boontjies, gedreineer en afgespoel
1. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die varkvleis, ui, wortels en seldery vir ongeveer 5 minute oor hoë hitte tot die vleis gaar en die groente glansend is. Voeg die murgpampoentjies, tamaties en hoenderaftreksel by.
2. Verhit tot kookpunt en prut dan oor lae hitte vir ongeveer 40 minute. Geur met sout en peper, voeg die boontjies by en verhit vir nog ’n paar minute tot deurwarm. Maak ’n derde van die sop met ’n voedselverwerker fyn en gooi dit terug in die pot. Sit dit stomend warm voor met lepels basiliepesto of ’n skeut olyfolie en vars brood.