Thursday, 28 April 2016

sjokolade-splinterkoekies



sjokolade-splinterkoekies

Lewer 6 groot koekies
  • 220 g (240 ml) botter
  • 260 g (325 ml) witsuiker
  • 2 eiers
  • 340 g (950 ml) hawermout
  • 220 g (380 ml) koekmeel
  • 200 g donkersjokolade, in growwe splinters gekap
Verhit oond tot 160°C. Room botter en suiker tot lig en romerig met houtlepels. Breek eiers een vir een by en meng goed. Vou die res van die bestanddele om die beurt by en meng goed. Gebruik ‘n roomyslepel en skep balle vol van die beslag op ‘n gesmeerde bakplaat. Druk met jou palm plat tot 1 cm dik. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en geniet saam met ’n glas yskoue melk of warmsjokolade.

No comments:

Post a Comment