Monday 25 April 2016

Spek-en-beetslaai met warm sitrussous




Spek-en-beetslaai met warm sitrussous
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 25 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele:...
• 30 ml olyfolie
• 250 g dik spekrepe, in blokke gesny
• 50 ml vars uitgedrukte lemoensap
• 1 rooi brandrissie, fyngekap

• ’n hand vol gemengde baba-blare
• 4 gaar bete, in kwarte gesny
• 2 lemoene, in segmente gesny
• 2 wortels, in dun repies gesny
• 100 g amandels, gerooster
• 100 ml gedroogde bosbessies
1. Verhit die olie in ’n pan tot lekker warm en braai die spek tot bros. Voeg die lemoensap en rissie by die warm spek. Braai dit vir sowat 30 sekondes en verwyder van die hitte.
2. Rangskik die baba-blare, beet, lemoensegmente, wortels en spek op ’n dienbord en sprinkel die amandels en bosbessies oor. Drup die warm pansappe oor en sit dadelik voor.
Wenk Gesiggies pas by beet en sal die slaai lewe gee.