Monday 25 April 2016

Piesangstukke met ’n lagie sjokolade



Piesangstukke met ’n lagie sjokolade
• piesangs
• 200 g sjokoladesplinters of ’n blok gewone sjokolade, in blokkies gebreek
• versiersel, soos strooiversiersel, kaneelsuiker, grondboontjiebotter, gekapte neute, droë klapper, fyngemaakte Oreos of enige koekies van jou keuse

...
1. Skil die piesangs en sny dit in stukke.
2. Sit die sjokolade in ’n bak en plaas dit in die mikrogolfoond vir sowat een minuut op hoog; roer dit elke 30 sekondes totdat dit glad is.
3. Doop die piesangstukke in die sjokolade en rol dit in die versiersel van jou keuse. Sit dit in die yskas sodat die sjokolade kan stol.

Bron:  Facebook / In en om die huis member shared