Monday 25 April 2016

Spek-en-eierpannekoeke




Spek-en-eierpannekoeke
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
...
• 250 g swoerdlose spek
• 250 g sampioene
• ’n hand vol baba-spinasieblare
• 1 bossie sprietuie
• 200 g kersietamaties
• 1-2 avokado’s
• 8 eiers, geklits
1 Braai die spek in ’n pan tot bros, skep dit uit en braai die sampioene in dieselfde pan tot bruin. Voeg die sprietuie, spinasie en tamaties by en braai vir nog ’n paar minute tot die tamaties gebars en die spinasie verwelk het. Skep die spek terug en hou die mengsel warm.
2 Verhit ’n klein kleefwerende pan oor hoë hitte. Gooi ’n bietjie van die geklitste eier in die pan en beweeg die pan om die bodem te bedek, soos met ’n pannekoek. Verhit dit vir 30 sekondes tot goudbruin, draai om en braai nog ’n paar sekondes. Herhaal met al 6-8 pannekoeke. Verdeel die spekvulsel tussen die pannekoeke en sit voor met gekapte avokado.