Thursday 7 April 2016

Sout broodpoeding




Sout broodpoeding
(Bedien 4 – 6)

2 k spinasie, gekap
2 k (500 ml) melk
2 eiers
Sout en swartpeper na smaak
½ Franse brood (Baguette), in ±1 cm-dikte snye gesny
2 k varkworsies, boerewors of weense worsies, in ringe gesny
1 k (250ml) kersietamaties, gehalveer
2 e (30 ml) pietersielie, fyn gekap
½ k (125 ml) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180°C. Blansjeer die spinasie in kookwater vir 10 tot 15 sekondes en dompel in yswater. Verwyder uit die yswater en dreineer op kombuispapier. Klits die melk en eiers saam, geur met sout en peper en hou eenkant. Meng die brood, worsies, tamaties, pietersielie en spinasie in ‘n mengbak saam. Skep in ‘n oondvaste bak van ± 20 cm x 25 cm. Giet die eier-mengsel oor en sprinkel met kaas. Bak vir 20 minute of totdat die eier gestol is. Bedien warm.