Thursday 7 April 2016

Pikante mielievetkoekies




Pikante mielievetkoekies
2 k (500 ml) koekmeel
2 t (10 ml) bakpoeier
1 t (5 ml) paprika
1 t (5 ml) sout
2 eiers, geklits
½ k (125 ml) melk
1 blikkie (410 g) mieliepitte, gedreineer
¼ k (± 65 ml) pikante soetrissies (Peppadews), grofgekap
2 e (30 ml) grasuie, gesnipper
Olie vir diepvetbraai

  • Sif die droë bestanddele saam.
  • Voeg die eiers en melk by en meng deeglik tot ‘n gladde beslag.
  • Roer die mieliepitte, soetrissies en grasuie by.
  • Verhit die olie in ‘n diep kastrol tot ±180°C. Skep eetlepelsvol van die beslag in die olie en braai die klein vetkoekies tot goudbruin en gaar.
  • Bedien warm met brosgebraaide spek, kaas en flous hollandaise sous of koud vir padkos peuselhappies.