Thursday 7 April 2016

Luukse appeltertjies




Luukse appeltertjies
Genoeg vir 6

1 rol (± 400 g) skilferkorsdeeg
1e (15 ml) strooisuiker
1k (250 ml) mascarpone
1t (5 ml) vanieljegeursel
2 eiers, geklits
6 ingelegde appeltjies

Voorverhit die oond tot 200°C. Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei. Rol die skilferkorsdeeg liggies op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en druk 6 x 10 cm sirkels uit die deeg. Plaas die deeg op die bakplaat en laat vir 10 minute in die yskas rus. Klits die res van die bestanddele, behalwe die appels, in ‘n mengbak saam. Skep lepels vol op elke deeg sirkel en plaas ‘n ingelegde appeltjie op elkeen. Bak vir 12-15 minute tot die deeg goudbruin en gaar is. Sprinkel met versiersuiker.

Variasie: Roer ‘n eetlepel gekapte okkerneute en ‘n knippie kaneel by die marscapone.