Wednesday, 6 April 2016

SOMERSET SAMPIOENSOP




SOMERSET SAMPIOENSOP
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd:
15 minute
Gaarmaaktyd:
30 minute
30 g botter
1 klein ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
500 g sampioene, gekerf
1,25 liter groente- of hoenderaftreksel
150 ml droë witwyn
10 ml gekapte vars origanum
10 ml gekapte vars tiemie
room (opsioneel) en melbaroosterbrood, om voor te sit
METODE:
Smelt die botter in ’n groot kastrol, voeg die ui en knoffel by en braai dit stadig terwyl jy dit af en toe roer. Dit moet sag wees, maar nie verkleur nie.
Voeg die sampioene by en roer die mengsel af en toe. Laat dit vir 10 minute oor lae hitte prut.
Gooi die aftreksel en wyn in die kastrol, voeg dan die origanum en die helfte van die tiemie by, en geur dit na smaak.
Verhit die mengsel tot kookpunt, sit die deksel op en laat dit prut vir 10 minute of tot die sampioene sag is. Sit dit voor met die orige tiemie bo- oor en ’n bietjie room, indien verkies. Bedien dit met melbaroosterbrood of korserige brood.
Kok se wenk
Indien jy ’n roomsop verkies, gooi die sop in ’n versapper en pols