Wednesday, 6 April 2016

INDIESE HOENDER IN DIE PRUTPOT




INDIESE HOENDER IN DIE PRUTPOT
1 heel hoender  opgesny
1 UI gekap
2 tamaties gekap
 2e Tamatie Paste
1e vars gemmer gerasper
3e Hoender Kerrie Paste
2k water
1/2 t sout of na smaak
3 aartappels halfpad gaargekook en in kwarte gesny
2 Wortels in stukkies gesny en half gaar gekook[mic]
METODE:
Braai uie en braai jou hoenderstukkies mooi bruin[skep uit]
Braai jou tamaties, gemmer, en Kerrie paste vir so 1min
Voeg hoender by en roer goed deur
Voeg aartappels en wortels by asook die water
Laat net opkook en skep in jou Slow-Cooker
Stel  dit op High vir 2h->as die sous te min is na jou smaak gooi nog bietjie water  by terwyl dit kook
N.S dit kan na 1h op Med gestel word vir stadiger
Bron: Helena Kruger

No comments:

Post a Comment