Wednesday 6 April 2016

Somer ontbyt-brood




Somer ontbyt-brood
1 pakkie (250 g) kersietamaties
1 pakkie (250 g) spekrepies
1 kg brooddeeg
3 e (45 ml) tamatie puree
1 k (250 ml) cheddar- of mozzarellakaas
4 eiers
Vars vars basiliekruid-, baba spinasie- of roketblare vir bediening

– Voorverhit die oond tot 180°C en spuit ‘n bakplaat met
kleefwerende sproei.
– Halveer die kersietamaties en sny elke spekrepie in die helfte
deur.
– Rol die deeg op ‘n skoon, meelbestrooide oppervlak in ‘n reghoek uit (± 30 x 18 cm).
– Plaas op die bakplaat en smeer die tamatie puree bo-op die deeg.
– Rangskik die spek bo-op en bak vir ± 15 minute.
– Haal uit die oond en breek die eiers versigtig op die brood, sprinkel met kaas en plaas terug in die oond vir 10 – 12 minute of
tot die brooddeeg gaar is.
– Verwyder uit die oond en laat effens afkoel.
– Bedien met vars basiliekruid-, baba spinasie- of roketblare.