Wednesday 6 April 2016

Kaas trio spirale




Kaas trio spirale
1 rol (400 g) skilferkorsdeeg
1 pakkie (250 g) spekrepies, in stukkies gesny
1 k (250 ml) cheddar-, mozzarella- en parmesaankaas, gerasper
± ½ k (125 ml) songedroogde tamaties, grof gekap
2 e (60 ml) vars pietersielie, grof gekap
Swartpeper na smaak
Wit en swart sesamsade
  • Voorverhit die oond tot 190°C en spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei.
  • Verhit ‘n braaipan en braai die spek tot half-gaar. Verwyder uit die braaipan en laat afkoel.
  • Rol die skilferkorsdeeg liggies op ‘n meel-bestrooide oppervlak uit. Rangskik die spek op die deeg en sprinkel die kaas, tamaties en pietersielie bo-oor. Geur met swartpeper.
  • Rol die skilferkors in die breedte op en sny skywe van ±1.5 cm.
  • Rol elke spiraal in sesamsade en plaas op die bakplaat. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar.