Wednesday 6 April 2016

Piesanghappies




Piesanghappies
(bedien 1)

1 e (15 ml) hawermout
1 knypie kaneel
2 e (30 ml) grondboontjiebotter
2 t (10 ml) heuning
1 t (5 ml) lynsaad
1 t (5 ml) chia-saad
1 piesang, geskil
Hawermout vir garnering

  • Verhit ‘n braaipan tot matige hitte en skroei die hawermout en kaneel tot die hawermout begin verkleur.
  • Verwyder uit die braaipan en laat effens afkoel.
  • Meng die hawermout, grondboontjiebotter, heuning, lynsaad en chia-saad in ‘n mengbak saam.
  • Sny die piesang in 3 stukke en rol dit in die grondboontjiebotter-mengsel.
  • Druk dit liggies vas om te verseker dat die mengsel aan die piesang kleef.
  • Rol in nog hawermout vir garnering.