Snoektert
Bestanddele
30 ml (2 e) botter...
60 ml (¼ k) koekmeel
500 ml (2 k) melk
sout en peper na smaak
4 eiers, geklits
10 ml (2 t) worcestersous
knippie rooipeper
1 ui, gekap
500 ml (2 k) gerookte snoek, gevlok
2 ml (½ t) mosterdpoeier
10 ml (2 t) gekapte pietersielie
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
1 ml (¼ t) neutmuskaat
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n oondbak met botter.
Maak ’n witsous van die botter, meel en melk. Geur met sout en peper. Voeg die eiers by en klits goed.
Meng die res van die bestanddele by die witsousmengsel.
Giet die mengsel in die voorbereide oondbak en bak 40-45 minute of tot stewig.
Sny in skywe en sit voor saam met slaai en suurlemoenskyfies.
Bron: Huisgenoot