Wednesday 6 April 2016

Gevulde Sampioene




Gevulde Sampioene
(Bedien 6)

½ k (125 ml) botter
Handvol tiemie takkies
1 knoffelhuise, fyngekap
Sout en swartpeper na smaak
6 groot sampioene
6 repies spek, halveer
6 eiers
  • Voorverhit die oond na 180°C.
  • Smelt die botter in ‘n kastrol en roer die tiemie en knoffel by. Geur goed met sout en peper.
  • Vee die sampioene met klam kombuispapier skoon.
  • Plaas die sampioene onderste-bo op ‘n bakplaat en bedruip elkeen se binnekant met die botter mengsel.
  • Plaas 2 halwe stukkies spek op elke sampioen en bak in die oond vir 5 – 8 minute.
  • Verwyder uit die oond en breek ‘n eier versigtig in elke sampioen.
  • Bak vir 10 – 12 minute of tot die eier gestol is. Verwyder uit die oond en bedien warm