Thursday 7 April 2016

Skotse eiers in ‘n boerejas



Skotse eiers in ‘n boerejas
(Maak 6)

Boerejas
350 g (662ml) boerewors, uit omhulsel gehaal
2 e (30ml) vars pietersielie, fyn gekap
2 e (30 ml) vars koljander, fyn gekap
Sout en swartpeper

500g brooddeeg, tuisgemaak of gekoop
6 eiers, sag gekook, doppe verwyder

Verhit ‘n kastrol met olie tot ±185°C.
Meng die boerewors met die kruie in ‘n mengbak saam en geur goed met sout en peper.
Verdeel die deeg in 6 balletjies en rol elke deegballetjie op ‘n meelbestrooide oppervlak uit tot ±12cm deursnee sirkels. Skep die vleis mengsel in ‘n dun lagie bo-op elke uitgerolde deegsirkel. Plaas ‘n eier in die middel van die vleis en vou die deeg om die eier toe. Knyp die deeg goed toe om deeglik te seël. Diep vet braai tot die deeg goudbruin en gaar is. Bedien warm met tamatie smoor of chakalaka.