Thursday 7 April 2016

Raad vir oorskiet paasbolletjies



Raad vir oorskiet paasbolletjies
½ k (125 ml) ricotta-kaas
3 e (45 ml) gepreserveerde vye, grof gekap
2e (30 ml) okkerneute, grof gekap
6 Paasbolletjies
4 eiers
¼ k (62.5 ml) room
Knippie fyn kaneel
2 e (30 ml) botter

Meng die ricotta, vye en neute saam. Sny elke paasbolletjie horisontaal deur en skep van die ricotta-mengsel op die gesnyde kante.  Plaas die helftes weer op mekaar en druk vas. Klits die eiers, room en kaneel saam en doop die paasbolletjies versigtig daarin. Verhit ‘n braaipan oor matige hitte en voeg die botter by. Braai die paasbolletjies vir 2 minute aan elke kant of tot goudbruin. Bedien warm met heuning.
Variasie: Vervang die ricotta-kaas, vye en neute met haselneut-sjokoladesmeer.