Thursday 7 April 2016

Amandel en sjokolade koekies




Amandel en sjokolade koekies

3 k (750 ml) amandelmeel (fyngemaalde amandels)
2 e (30 ml) koekmeelblom
1/3 k (± 85 ml) suiker
1e (15 ml) bakpoeier
¼ t (1 ml) sout
60g (160 ml) donker sjokolade, grof gekap
2 eiers
¼ k (65 ml) olie
2 e (30 ml) room
½ t (2.5 ml) vanieljegeursel

Verhit die oond tot 160°C. Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei.
Meng die droë bestanddele in ‘n mengbak saam. Klits die eiers, olie, room en vanieljegeursel saam en roer liggies by die droë bestanddele tot ‘n deeg vorm. Keer die deeg op ‘n skoon oppervlak uit en druk liggies plat tot 2 cm dikte. Gebruik ‘n koekiedrukker om die koekies mee uit te druk en plaas op die bakplaat. Bak vir 15 – 20 minute. Verwyder uit die oond en laat op ‘n draadrakkie afkoel.