Thursday 14 April 2016

SKAAPVLEIS KERRIE




SKAAPVLEIS KERRIE
Genoeg vir 4 mense
BENODIG:
4 groot boud chops
1ui...
3 lourier blare
2 kaneelstokkies
10ml garlic
5ml sout
125ml worcestershire sous
knypie peper
5ml braaivleis speserye
125ml tamatiesous
50ml chutney
5ml borrie
10ml kerrie
10ml appelkoos konfyt
4groot aartappels
4 wortels
MAAK SO:
Braai ui en garlic en smoor tot bruin met bietjies, bietjies water. Gooi skaapvleis in en gooi speserye bo-oor.
Meng nou jou worcestershire sous,tamatiesous,chutney,kerrie,borrie en appelkoos konfyt in n beker en vul beker verder met 500ml water.Skil aartappels en sny in 8 kwarte en skil wortels en sny in ringe.
Voeg die kerrie mengsel en water in pot en kook vir 30min. Voeg nou die groente en kook vir n verdere 20min. Meng 5ml bisto en 10ml mielieblom met 100ml water en voeg by. Prut vir 5min sonder deksel.