Wednesday 6 April 2016

Sjokoladekoekies




Sjokoladekoekies
(Maak 8 – 10 groot koekies)

200 ml strooisuiker
¼ k (62.5 ml) olie
2 eiers
1 t (5 ml) vanieljegeursel
2 t (10 ml) koffiepoeier
⅓ k (± 80 ml) kakao
1 k (250 ml) koekmeel
1 t (5 ml) bakpoeier
Knippie sout
30 ml grofgekapte makadamianeute
Versiersuiker om die koekies in te rol

  • Klits die strooisuiker, olie, eiers en vanieljegeursel en koffiepoeier in ‘n mengbak saam.
  • Sif die kakao, meel, bakpoeier saam voeg die sout en neute by. Roer by die eier-mengsel tot ‘n stywe beslag vorm. Bedek met kleefplastiek en laat vir ± 15 minute in die yskas rus.
  • Voorverhit die oond tot 180°C en spuit 2 bakplate met kleefwerende sproei.
  • Verdeel die deeg in 8 – 10 eweredige balletjies en rol elke balletjie in versiersuiker. Paas op die voorafbereide bakplate.
  • Bak vir 10 – 15 minute. Verwyder uit die oond en laat op ‘n draadrakkie afkoel.