Friday 22 April 2016

Sjokoladekoek oor die kole




Sjokoladekoek oor die kole
Dié resep van Rianette Leibowitz is vir die soettand wat daarvan hou om te braai!
Bestanddele:
•    250 g sjokolade (ten minste 70% kakao)
•    100 g gesoute botter
•    4 groot eiers geskei
•    175 g versiersuiker
•    Ekstra versiersuiker en kakaopoeier vir versiering
•    Geklopte room
•    Aarbeie
Metode:
Stap 1: Pak kole in sirkel binne ’n Weber-braai
Stap 2: Plaas botter en sjokolade binne glasbak wat bo-op pot met water inpas. Sit op gasstoof en verhit sodat botter en sjokolade begin smelt. Ongeveer 1 minuut.
Stap 3: Roer en meng goed met mekaar.
Stap 4: Sif versiersuiker en voeg eiergeel daarby – roer baie goed todat dit sag en roomerig is.
Stap 5: Gebruik ’n klitser om die eierwit deeglik saam te klop totdat sagte torings vorm wanneer die klitser opgelig word.
Stap 6: Vou die gesmelte sjokolade en bottermengsel binne die eiergeel- en versiersuiker-mengsel – moenie roer nie.
Stap 7: Vou die geklitste eierwit versigting in die sjokolade-mengsel in. Inkorporeer die twee deeglik.
Stap 8: Gooi die mengsel in ’n koekpan wat goed met ‘Cook & Spray’ gespuit is en bak in die Weber-Braai met ’n deksel vir ongeveer 20-30 minute. Dit is belangrik om die koek nie oorgaar te bak nie; die kors moet ferm wees maar dit moet sag bly binne.
Opdieningsvoorstel: Bedien met ’n bietjie room en versier met aarbeie.