Friday, 22 April 2016

“Bunny Chow”




“Bunny Chow”
Kurt Darren se heerlike en matige lamskerrie of “Bunny Chow”.
Bestanddele:
•    1 x groot ui
•    1.2 kg lamsvleis
•    Medium-kerriepoeier
•    50g tamatiepulp
•    10 x aartappels (medium-grootte)
•    Sout en peper
•    Pakkie vlapampoentjies (pattypans)
•    Vars knoffel en gemmer
•    Vars gebakte pot-brood
•    Olyfolie
Metode:
Stap 1: Sny uie, knoffel en gemmer fyn.
Stap 2: Bedek platboompot goed met olyfolie en verhit op vuur.
Stap 3: Voeg gekapte uie by en braai tot glaserig.
Stap 4: Voeg knoffel en gemmer by en roer goed (braai vir nog ’n minuut of twee).
Stap 5: Voeg lamsvleis by.
Stap 6: Voeg nog ’n bietjie olyfolie bo-oor vleis.
Stap 7: Gooi kerriepoeier oor (na smaak).
Stap 8: Braai vleis liggies – roer goed sodat kerriepoeier, uie, gemmer en knoffel goed meng.
Stap 9: Bedek die helfte van die pot met water.
Stap10: Sit deksel op en laat kook vir ongeveer 20-30min.
Stap 11: Voeg sout en peper by (na smaak).
Stap 12: Voeg tamatiepulp by en roer goed.
Stap 13: Laat kook vir nog 20-30min.
Stap 14: Sny aartappels en pampoentjies in kwarte en voeg by mengsel van vleis en sous.
Stap 15: Strooi bietjie suiker oor vir ’n soetigheid
Stap 15: Voeg nog water by sodat alles bedek is en sit deksel weer op – kook tot aartappels en pampoentjies sag is.
Stap 16: Sny potbrood in die helfte en skep binnekant uit om ‘bakkie’ te vorm.
Opdieningsvoorstel: Skep vleis, groente en sous in die ‘bakkie’ van die broodtjie en bedek met brood-‘dekseltjie’