Friday 22 April 2016

Meel- en suikerlose piesang-plaatkoekies




Meel- en suikerlose piesang-plaatkoekies
Dié resep van JC Snooke is heerlik en gesond. Ideaal vir ’n soet ontbyt of peuselgereg.
Kyk Kampkos op Donderdag om 17:30 vir die res van die resepte.
Bestanddele:
·      4x Piesangs
·      8 Eiers
·      Kaneelpoeier
·      Heuning
·      Bessies
Metode:
Stap 1: Druk 4 piesangs fyn tot goed pap.
Stap 2: Voeg 8 eiers by.
Stap 3: Meng totdat dit ’n soort pannekoek-deeg vorm.
Stap 4: Voeg 1/3 kaneelpoeier of ’n groot knippie by.
Stap 5: Stel die plaat op hoog tot dit lwarm is. Sodra die pan lekker warm is, draai halfpad af. Spuit met ’n kleefwerende sproei soos Spray ’n Cook en begin om lepels vol deeg op die pan te drup.
Stap 6: Braai elke kant tot goudbruin.
Stap 7: Garneer soos jy wil, of sit met heuning en bessies of aarbeie voor.