Friday 22 April 2016

Seekos-roerbraai met koningingarnale



Seekos-roerbraai met koningingarnale

Simon Bruinders se seekos-roerbraai met koningingarnale is ’n seekosmengsel wat afgerond word met speserye en kruie.

Bestanddele:
1x Ui – in ringe gesny
2x Knoffelhuisies – fyn gedruk
1x Groen soetrissie – in repe gesny
Knoffelbotter – om in te braai
250 g Knopiesampioene – in kwarte gesny
Visspeserye
15ml Gemengde kruie
Sout en Peper
100 ml Savignon Blanc OF Suurlemoen sap
Pietersielie – fyngekap
500 g Bevrore seekosmengsel
Olyfolie

Metode:
Deel 1:
Stap 1: Laat die seekosmengsel ontdooi.
Stap 2: Vlek oop en haal die aar uit die garnale en voeg sout en peper na smaak.
Stap 3: Verwarm jou braai pan.
Stap 4: Skep 2 eetlepels knoffelbotter in ’n pan. (Gooi fyngekapte pietersielie by.)
Stap 5: Braai uieringe goudbruin
Stap 6: Plaas die garnale in die pan.
Stap 7: Braai garnale tot gaar – sowat 10 minute.
Stap 8: Haal die garnale en uie uit en plaas in ’n bak.
Deel 2:
Stap 1: Gooi Olyfolie in ’n pan.
Stap 2: Braai die sampioene, knoffel en soetrissie tot sag.
Stap 3: Gooi die seekosmengsel in.
Stap 4: Gooi pietersielie oor.
Stap 5: Roer gedurig!
Stap 6: Strooi visspesery oor asook gemengde kruie.
Stap 7: Voeg sout en peper by na smaak.
Stap 8: Benat die braaimengsel met ’n bietjie Sauvignon Blanc OF Suurlemoensap na smaak
Stap 9: Braai vir so 15 min.
Stap 10: Skep in opskep-visbord en plaas die garnale bo-op seekosbraai.

Opdieningsvoorstel: Skep seekosbraai en garnale bo-op rys.