Friday 22 April 2016

7 MINUTE CHOCOLATE BROWNIE RESEP




7 MINUTE CHOCOLATE BROWNIE RESEP

KOEK
250ml koekmeel
250ml suiker...
45ml kakao
250ml lou water
5ml vanilla essens
20ml bakpoeier
1ml sout
2 eiers
60ml kookolie

SOUS
1 blik Ideal melk
60ml suiker
200g sjokolade

KOEK
Sif droë bestanddele saam. Klits eiers en meng met lou water, olie en vanilla essens. Voeg droë bestanddele en eiermengsel saam en meng goed. Gooi in gesmeerde plat bak. Plaas 7 minute op 100% in mikrogolfoond. Los vir 1 minuut in mikrogolf voor dit oopgemaak word. Haal uit oond en laat goed afkoel

SOUS
Smelt 3/4 (driekwart) van die ideal melk en al die suiker saam. Gooi oor koek. Smelt 1/4 (kwart) van die ideal melk en sjokolade saam. Gooi oor koek