Tuesday 26 April 2016

Sanet se toffieappels




Sanet se toffieappels
Sanet se inspirasie vir die pronkappels kom van die sirkus-ringmeester en die pronkerige kombinasie van koningsblou en goud. Spesiale broodstokkiestingels is ’n ekstra Sanet-kinkel.

Porsies
10 middelslag-appels
Bestanddele
Toffieappels
Broodstokkies
   
Instruksies
Toffieappels
  1. Was en droog die appels deeglik af.
  2. Druk ’n sosatiestokkie van bo af deur elke appel sodat hulle regop staan.
  3. Plaas ’n swaarboomkastrol oor lae hitte en verhit die water en suiker tot die suiker heeltemal opgelos is.
  4. Stel die hitte hoër tot matige hitte en verhit tot kookpunt.
  5. Gebruik ’n nat deegkwassie en vee alle suikerkristalle af wat aan die binnekant van die kastrol vorm.
  6. Roer die kremetart en kleursel daarby in, en laat prut vir ongeveer 20 minute of tot die mengsel harde kraakstadium bereik.
  7. Haal dadelik van die plaat af. Wanneer die stroop ophou borrel, doop elk van die appels daarin.
  8. Gebruik dan ’n klein kwassie om fabelagtige kleur te skep deur die kwassie eers in water te druk en dan in die poeierkleursel en van die middel van die appel van bo na onder te laat loop.
Broodstokkies
  1. Voorverhit die oond na 180°C.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
  3. Gebruik jou vingers en vryf die botter by die meel in totdat dit soos growwe broodkrummels lyk.
  4. Giet van die yswater by en werk deur tot ’n stywe deeg vorm.
  5. Bestuif ’n werkoppervlak liggies met meel en druk die deeg liggies in ’n reghoekige vorm en rol dit uit tot ongeveer 1 cm dik. Gebruik ’n pizza-snyer en sny dit in repe van 1 cm breed. Rol die repe om die kante rond te maak.
  6. Plaas die repe op die bakplate en smeer liggies met ’n kwas water daaroor.
  7. Bak die stokkies vir 12 -15 minute. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel.
  8. Doop die stokkies in gesmelte sjokolade en besprinkel dan met gekleurde suiker (meng bloot eetbare kleursel by suiker).
Harde versiersel
  1. Klits 2 eierwitte tot sagte punte vorm.
  2. Voeg die versiersuiker lepel vir lepel by tot stywe punte vorm. Dit neem omtrent 5 minute.
  3. Voeg die suurlemoensap by.
  4. Bêre versiersel in ’n lugdigte houer – dit word gou hard.