Tuesday 26 April 2016

Anja se rooi toffieappels




Anja se rooi toffieappels
Anja glo daar is niks mooier as bloedrooi, gladde toffieappels nie. Haar wenk is om nooit die toffieappels in die yskas te sit nie, want dit laat die stroop smelt.


Bestanddele
    
Instruksies
  1. Was die appels, droog hulle af en plaas stokkies loodreg in die appels.
  2. Voer bakplaat met bakpapier uit en kry ’n bak met yswater gereed.
  3. Bring die botter, water, asyn, stroop en suiker tot kookpunt in ’n kastrol. Was die suikerkristalle van die kante van die kastrol af met ’n kwassie. As die mengsel begin kook, plaas ’n deksel op die pot en kook vir 2 minute.
  4. Haal die deksel af en kook vir ongeveer 8-10 minute of tot harde kraakstadium (140°C - 150°C).
  5. Voeg die rooi kleursel by. Doop en draai die appels in die rooi suikerstroop totdat die appel heeltemal bedek is en, direk daarna, plaas die appel in koue yswater.
  6. Plaas die appels dan op die bakpapier en los om af te koel.
  7. Versier na eie keuse (moenie die appels in die yskas plaas nie).