Monday 18 April 2016

Kanya se familie-chiffonkoek




Kanya se familie-chiffonkoek

Hierdie wolksagte chiffonkoek is haar ma se ‘brag’-koek, wat vriendinne haar altyd vra om te bak. Vir die oudisie het sy dit omskep in ’n lentetuin met bloureën vol in blom. As jy nie so knap met die versierbuis is soos sy nie, of ’n chiffonkoekpuris is, sif dit liggies met versiersuiker en dien die botterversiersel apart op.
Die groot geheim van die koek se donssagte tekstuur is om die swaarder beslag bo-oor die meringue te gooi en dan in te vou, en nie andersom – soos wat resepte gewoonlik aandui nie.
 
Bestanddele
Koek
Botterroomversiersel
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: koek
Instruksies
Koek
  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Jy gaan ’n chiffonkoekpan nodig hê, maar moenie dit smeer nie.
  2. Sif die meel, helfte van die suiker, bakpoeier en sout saam. Jy kan dit net een keer doen as jy wil, maar ek sif altyd so drie keer en ’n vierde keer vir geluk.
  3. Skei die eiers: witte een kant toe in ’n skoon metaalmengbak en die gele in die beker met die sap en vloeistof afgemeet. Voeg die kremetart by die eierwitte en gee ’n roer of twee. Laat staan die witte om ’n bietjie te rus.
  4. Voeg die olie by die vloeistof. Gooi oor die droë bestanddele en meng saggies tot net-net gemeng.
  5. Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium en begin die ander helfte van die suiker stadig byvoeg. Klits tot ’n stywe meringue, blink en mooi, nie droog nie. Giet die meelmengsel oor die meringue en vou liggies in tot alles net gemeng is.
  6. Skep die beslag versigtig in die ongesmeerde pan en bak 45-60 minute. Toets die koek – druk liggies bo-op en as mevrou vir jou terug oogknip is sy gereed om uit die oond te kom. Draai haar om dat sy loshande hang terwyl sy afkoel – pilates vir ’n chiffonkoek!
  7. Maak die koek liggies los om die kante wanneer dit goed afgekoel het, en keer versigtig uit. Versier met botterversiersel of net ’n ligte skudjie versiersuiker.
Botterroomversiersel
  1. Hierdie standaard-botterroomversiersel is baie geskik vir smeer en om te spuit. Kanya gebruik ’n Wilton-1M-spuitpunt om roossirkels en -bloeisels te spuit en ’n mediumgrootte ‘petal’-buis vir die blomme. Die blomversiering gebruik heelwat versiersel. Halveer die resep as jy dit net gaan oorsmeer of apart opdien.
  2. ’n Goeie wenk is om die geurmiddels by die botter te voeg. Vir ’n super-zesty suurlemoengeursel kan jy meer suurlemoensap bysit. Andersins, as jy dit aan die einde bysit, kan jy die versiersel verdeel.
  3. Verroom die botter tot baie lig en sag. (Kies die K-hegstuk as jy ’n elektriese menger gebruik.) As dit soos styfgeklopte room lyk, is dit genoeg. Klits die sout en geursel in.
  4. Klits die suiker lepel vir lepel by. Laastens, gee dit nog ’n goeie klits vir ekstra romerigheid.
  5. Kleur die versiersel na willekeur as jy blomme gaan spuit vir ’n lentekoek, of smeer net so op in dik hale. Of strooi net liggies met versiersuiker, met die botterversiersel apart opgedien. Halveer dan die hoeveelhede.