Wednesday 6 April 2016

Piekniek-rolletjies




Piekniek-rolletjies
(maak 10 rolletjies)

1kg brooddeeg
½ k (125ml) basieliekruidpesto
½ k (125ml) songedroogde tamaties, grof gekap
200 g cheddar- of mozzarellakaas, in blokkies gesny
  • Voorverhit die oond tot 180°C en spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei. Verdeel die deeg in 10 gelyke stukke.
  • Rol elke deeg stuk effens op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en smeer elkeen met die pesto.
  • Verdeel die songedroogde tamaties en kaas tussen elkeen.
  • Vou die deeg toe om die vulses en maak seker dat die rante goed seël.
  • Plaas op die bakplaat en bak vir 15-20 minute tot goudbruin en gaar. Bedien warm of neem saam vir piekniek kos!