Friday 22 April 2016

Potbrood en braaivleis




Potbrood en braaivleis
Probeer gerus die akteur Hendrik Cronje se marinade-resep en heerlike potbrood.
Potbrood:
2kg Bruismeel
4 x Blikkies bier OF 12 Koppies langlewemelk
2 x Pakkies bruin uiesoppoeier
Braaivleis:
Sout en Peper
1kg Skaaptjops
Kruie van jou keuse
Marinade:
15ml Knoffelvlokkies
30ml Gemengde kruie
1 x Rooi ui (gekap)
150ml Goeie kwaliteit rooiwyn
45ml Frambooskonfyt
3oml Olyfolie
Metode:
Stap 1: Meng die bruismeel, bier en bruin uiesoppoeier bymekaar en gooi in ’n platboompot.
Stap 2: Bak vir ’n uur lank op die vuur.
Stap 3: Meng die bestanddele vir die marinade en marineer die vleis daarin. Braai die vleis. Voeg kruie, sout en peper by na smaak.

Opdieningsvoorstel:
Geniet saam met ’n groenslaai.