Friday 22 April 2016

“Boer-ger”




“Boer-ger”
Chris Chameleon gee die tradisionele hamburger ’n unieke kinkel.
Bestanddele:
1 kg maalvleis
1 ui
rooipeper
sout en peper
vars pietersielie
1 eier
’n blok botter
pynappelsap
1 blikkie pynappelskywe
“barbeque”-sous
gesnyde Cheddar-kaas
Roma-tamaties
Miami-gherkins (soet en suur)
stywe pap
Metode:
Stap 1: Sny een ui fyn en klop een eier liggies.
Stap 2: Kombineer die ui, 2 eetlepels pietersielie en ’n ½ teelepel rooipeper, sout en peper (vir smaak) saam met die eier.
Stap 3: Meng deeglik en voeg by die maalvleis. Werk deeglik in.
Stap 4: Vorm die vleismengsel in frikkadelle en druk effens plat.
Stap 5: Smelt die botter in ’n pan. Wanneer dit begin bruin word, plaas die hamburger-frikadelle in die pan.
Stap 6: Draai gereeld om.
Stap 7: Vorm balletjies met die pap, druk effens plat om die “broodjies” te vorm. Plaas op die pan om te braai.
Stap 8: Sny die pynappelskywe in kleiner stukkies.
Stap 9: Meng die pynappelsap, pynappelstukkies en “barbeque”-sous saam in ’n mengbak. Gooi die mengsel oor die vleis en verminder die hitte sodat dit net prut.
Stap 10: Wanneer die vleis gaar is en die papbroodjies ’n bruin kleurtjie het, pak die burgers met die slaaiblare, kaas, gherkins en wat ookal in jou smaak val.
Opdienvoorstel: Geniet die boer-ger warm saam met ’n koue koeldrank.