Friday 22 April 2016

Blomkool-pizza




Blomkool-pizza
Pizza met ’n blomkool-kors? Hier is die sepiester Odelle de Wet se resep.
Kors
2 Mediumgrootte blomkole, gerasper, gekook en goed gedreineer.
200g Bokmelkkaas of gerasperde chedder
2 Eiers
Seesout
Vars peper
Bolaag
1 x Teelepel kerriepoeier
½ Koppie Griekse jogurt (gewoon en volvet)
4 x Stingels broccoli (gesny in 4 lengtes)
1 x Klein rooiuie, fyn gesny
4 x Teelepels kappertjies
1 x Koppie feta-blokkies
½ Koppie klein olywe (ontpit)
400g Blikkie tuna in olyfolie
8 x Ansjovis-filette
4 – 6 Eiers
See sout
Vars peper
Metode:
Kors:
Stap 1: Verhit vooraf ’n oond teen 200˚C en plaas bakpapier in ’n oondbak.
Stap 2: Meng die blomkool met die kaas en eier in ’n bak en gooi sout en peper by. Gebruik ’n houtlepel, of jou hande, om die mengsel in 2 groot pizza-basisse te vorm (of 8 klein korse). Elke basis moet 1-1,5 cm dik wees.
Stap 3: Bak vir 30-35 minute totdat dit ferm en goud is. Verwyder van die oond.
Bolaag:
Stap 1: Meng die kerriepoeier met die jogurt en versprei tot die kante van die kors.
Stap 2: Strooi die broccoli, uie, kappertjies, feta, olywe, tuna en ansjovis. Breek dan die eier in die middel.
Stap 3: Bak vir ’n verdere 8-10 minute of totdat die eierwit gaar is.
Opdieningsvoorstel: Geniet warm vanaf die kole!