Thursday 7 April 2016

Peer en bosbessie ontbytrolletjies




Peer en bosbessie ontbytrolletjies
(Maak 8)

2 k (500 ml) koekmeel
1 e (15 ml) bakpoeier
1 t (5 ml) fyn kaneel
1 t (5 ml) sout
6 e (90 ml) strooisuiker
¼ k (± 65 ml) hawermout
2 e (30 ml) bosbessies, grofgekap
1 peer of appel, geskil, pitte verwyder en grof gerasper
½ k (125 ml) melk
1 eier
5 e (75 ml) olie
‘n bietjie ekstra melk om bo-oor te verf
‘n bietjie ekstra hawermout om bo-oor te sprinkel

  • Voorverhit die oond tot 180°C.
  • Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei.
  • Sif die meel, bakpoeier, kaneel en sout saam.
  • Roer die strooisuiker, hawermout en bosbessies by.
  • Meng die gerasperde peer of appel, melk, eier en olie saam en voeg by die droë bestanddele. Roer liggies tot die deeg net bymekaar kom. Verdeel die deeg eweredig in 8 en rol egalige rolletjies.
  • Pak die rolletjies op die bakplaat, verf elkeen met ‘n bietjie melk en sprinkel met hawermout.
  • Bak vir 12 tot 15 minute tot die rolletjies gaar en lig is.